Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Rita" deur GERT VLOK NEL
"Rita" deur GERT VLOK NEL [boodskap #8645] Ma, 24 Februarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Rita
deur Gert Vlok Nel

my tannie het 'n ruk gerou
toe haar lower jeug ophande was.
ek onthou haar in beaufort in 1969.
by die oop venster in die skakelhuis(16)g.h.j.j.vlok:hook-haai
in 1ste laan, spoorwegkamp, beaufort-wes, r.s.a., afrika. aarde.
al die besonderhede het toe en dan kosmies
gee"ggo. sy't 'n soet life gerook, sy't my gekyk, en
sy't kringe geblaas, uit by die venster, oor die rant.
i stoker in sy stoomenjin het buite eensydig verby gewaai.

sater-dae (en vrydae) het sy begin loop, oos
na die dance-hall by die royal hotel*yyy
onder wriemelende wolke, tussen 2 straatlampe
sou sy 2 skaduwees gooi van wisselende prominensie
met die maan as belee" kontrapunt. soos sy gestap het
verby die vensters van die groot siel. het die aarde
gedraai onder haar voete, soos i boomstomp op rivier. kon sy
die goeie dag inhaal, al oos teen die lot? toe scott mckenzie
haar bla bla blomme & lief, op springbokradio, was
almal alreeds absoluut weg uit s. francisco
iets was moerse verkeerd. ooms het haar dubbelsinnig gegroet.
tog was sy op pad, sy't een gevoel met die rymlose ree"n
(haar h's & l's leun soos bloekoms teen die wind
in die croxley-briewe van haar gehuil)
en twee met die skakelhuis, kerk & werk.
of het sy? dit was te bisar vir die hart,

sy't een ree"n die 7 af-trein gevat, wes.
in die mo^re vasgemeer in kaapstad met i hangover met i helse
lang ysterankerketting terug in die gestorte nag in. dit was pieng
oggend. woodstock was skoon
vol antagonistiese children of god. terug, oos.
sy't stuwend terug gekom.
i soldaat het haar beaufortstasie
binnegery. daar staan Oupa, akasha-annal op die hart.
en aan sy hand die demoon wat hom bewoon
"daar's my pa," het sy eenvoudig gesê.
my tannie het geruk 'n rou, straatjie op, straatjie af
sonder verband met enigiets
veral nie noodwending met enigiets nie.
op 19 moes sy trou.

sy't ver weg gaan bly, soos almal
in i al vaer wordende huis, paleis, pondok, saam met
3 kinders en i treindrywerman met i wrok.
en ook het daar (verskriklik) gebly: geloof, hoop, liefde
maar die grootste hiervan was die hoop

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Hulde aan Claude" deur NEELS JACKSON
Volgende onderwerp: "Die Dans van die Reën" deur Eugene Marais (with translation)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:59:25 MGT 2024